Logo van AGS Bothasig
AGS Bothasig
Waar lidmate ledemate word
Kom aanbid saam met ons Past. D.Combrinck
Foto van AGS Kerk Bothasig Foto van Afrikaanse AGS Kerk
Wie ons is

Ons is n Afrikaanse pinkster AGS kerk, en ons gemeente se naam is BETESDA.
Betesda beteken letterlik iets soos huis van GENADE, en al maak ons geen kompromie met dit wat verkeerd is nie, is AGS Bothasig Betesda Gemeente, 'n plek waar GOD vir jou GENADE wil aanbied!

Ons Gemeente bied jou 'n plek waar jy geestelik kan groei, want ons visie is om lidmate in ledemate te verander, sodat jy kan word, wat God vir jou beplan het om te wees.

Ons het ook 'n sterk begeerte na die werking van die HEILIGE GEES, tydens ons lofprysing en aanbidding, so kom geniet saam met ons die teenwoordigheid van GOD, dit verander jou lewe !
Geesgedagte

Lof en Aanbidding.......... GOD se SLEUTEL !
Heb 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
Ons in Bothasig word al hoe meer bewus dat Lof en Aanbidding nie net DEEL is van ons Godsdiens nie, veel eerder 'n KERN ELEMENT daarvan.
Lof en Aanbidding is die "SLEUTEL" wat God ons gegee het om toegang na Hom te verkry. Dit beteken dat ons Lof en Aanbidding nie net sing
kan wees nie, dit MOET kontak met GOD bewerk. Dit is ook nie 'n "KERK AKTIWITEIT" per sy nie, dis deel van my dag tot dag privaat lewe !
My vraag aan elkeen van ons: HOEVEEL TYD SPANDEER JY AAN VERSOEKE BY GOD TEENOOR LOF EN AANBIDDING ?
WATTER PERSENTASIE VAN JOU GEBED IS LOF EN AANBIDDING ?
HEBREERS 13:15 verklaar dat Lof en Aanbidding die natuurlike VRUG van ons as GOD se kinders se lippe behoort te wees. Kom ons doen dit.AGS Groete
Pastoor Dawid
13 May - 19 May
MAANDAG
DINSDAG
WOENSDAG
19:00 Biduur
DONDERDAG
VRYDAG
SATERDAG
19:00 Kuier Tyd
SONDAG
09:00 Oggend Diens
18:00 Woordskool
AGS Bothasig Besonderhede
AGS Betesda
2 Van Vrede st.
Bothasig
Posbus 28047
Bothasig
7406
Past. Dawid Combrinck
Cell: 083 458 3881
pastollo50@gmail.com